Klik hier vir Mobiele weergawe - vinnige, verkorte weergawe vir selfone en ander draagbare toestelle met beperkte skermgroottes en/of funksionaliteit.

LSH16breed

 

Veiligheidsplan

 

 

LSH18breed

 

 

 

Sien ook:
Kaskarkenades 2007
Kaskarkenades 2006
Kaskarkenades 2005
Kaskarkenades 2004
Kaskarkenades 2003
Kaskarkenades 2002
Kaskarkenades 2001

Veiligheid

Ons vra asseblief aan ouers om nie hulle kinders te vra om op die sypaadjie of buite die skoolterrein vir hulle te wag nie. Ons weet ouers is haastig maar u kind se veiligheid is meer werd as twee of drie minute. Kinders moet binne die skoolterrein vir hul ouers wag.

Verder wil ons net meld dat geen kind saam met “vreemdelinge” afgehaal moet word nie. ‘n Kind moet weet as iemand anders hom kom afhaal. Die grootste nood kan die grootste wolhaarstorie wees

Die skool beskik oor ‘n doeltreffende ontruimingsplan.

Skolierpatrollie

Elke oggend (vanaf 07:00) en middag is die skolierpatrollie met die betrokke personeellid aan diens om leerders by die straatoorgange oor die pad te help. Dit geld vir leerders wat huis toe stap of fiets ry en vir sowel grondslagfase as senior fase leerders.

Terreindiens

Personeel op terreindiens is reeds vanaf 07:10 op die speelgrond asook elke pouse.  Leerders wat probleme/beserings/vrae het, is welkom om met hulle te kom praat.  Aangesien die Grondslagfase in die middag vroeër reeds uitkom, en baie leerders vir ouer broers/susters wag, is daar ook 'n personeellid aan diens wat na hulle behoeftes omsien.  Hulle speel tussen die Grade en Adminblok onder toesig.  Hierdie diens word deur Grondslagfase personeel gedoen.

Fietsloods

Die skool doen sy uiterste bes ter beveiliging en daarom word die fietsloods gedurende die dag gesluit.  Wanneer die kleintjies verdaag sal 'n komiteelid net vir 5 minute aan leerlinge die kans gee om hul fietse te neem waarna dit gesluit word.

In die middag sal die fietsloods deurentyd oop wees.  Aangesien fietse ook hier wegraak, raai ons ouers aan om ook nog 'n ekstra sluitmeganisme aan fietse aan te bring.  Die skool kan geen verantwoordelikheid aanvaar vir fietse wat gesteel word nie.

 

LSH18breed

 

LSH38breed

 

Webwerf ontwikkel en instandgehou deur:
SuproNet

CenturioNet
vir inligting oor Centurion

 

[Portaal] [Agtergrond/Admin] [Akademies] [Graad R] [Program'e/Datums] [Fasiliteite] [Buite-Kurrikulêr] [Finansies] [Bestuur/Personeel] [Briewe & Afkond.'s] [Fotobeeld] [Blinkbrein] [Gemeenskapdiens] [Spoghoekie] [Oudleerlinge] [Kontakinligting]

 

 

 

[Geskiedenis] [Visie en Missie] [Credo] [Gedragskode] [Skooldrag] [Veiligheidsplan] [Inskrywing] [Beleidsdokumente]

 

 

Inhoud: © 2003, 2004, 2005, 2006, 2007, 2008; Laerskool Hennopspark
Ontwerp, Uitleg, Grafika: © 2008, SuproNet. Alle regte voorbehou.

Hoofborg

Volg later

 

Sommige van die ander borge

Volg later

Volg later

Volg later