Klik hier vir Mobiele weergawe - vinnige, verkorte weergawe vir selfone en ander draagbare toestelle met beperkte skermgroottes en/of funksionaliteit.

LSH16breed

 

Spoghoekie 2007

 

 

LSH18breed

 

 

 

Sien ook:
Kaskarkenades 2007
Kaskarkenades 2006
Kaskarkenades 2005
Kaskarkenades 2004
Kaskarkenades 2003
Kaskarkenades 2002
Kaskarkenades 2001

Nwa Vangani

  • Die ekstra onderwyser word weer vir die jaar 2007 aangestel.  Fondse is nog beskikbaar net vir die helfte van die jaar.
  • Op 27 Februarie 2007 besoek ons Nwa Vangani.  Dagboeke wat gedeeltelik deur Barloworld Motors geborg is word aan al die leerders en die personeel oorhandig.  Die Juniorkoor het ou koorklere en 'n paar T-hemde  aan hulle koor oorhandig.
  • 'n Motiveringsvideo van Chart House International (Fish) is aan die personeelkorps vertoon
  • Op Vrydag 16 Maart het die personeel van 'n Sendingstasie in Natal, nl Kwa Sizabantu, 'n besoek aan Nwa Vangani gebring.  Hulle het die Graad 6'e en Graad 7's van Nwa Vangani toegespreek oor die onderwerp:  Ware liefde wag.  Hulle leerders is bygestaan om 'n ondersteuningsgroep te vestig wat ander leerders kan bystaan.  'n Kort opleidingsessie is ook met hulle gehou.
  • Vervoer Nwa Vangani se atletiekspan na ons skool op 7 Februarie vir 'n byeenkoms. Elke atleet ontvang 'n Hotdog en 'n koeldrank.  Medaljes word aan die atlete uitgedeel.
  • In Maart 2007 is CD's van ons interaksie aan sowat 20 borge en kleiner donateurs gestuur.
  • Nwa Vangani ontvang 'n borgskap vir voeding van die Rotary Club van Shepparton. Dit spruit voort uit die besoek wat mnr Tshabalala aan die hoofdekonferensie in Australië gehad het.
  • Op Woensdag 10 Mei het lede van die Wetenskapkomitee Nwa Vangani besoek om spinasie in die toringtuin te plant.  'n Aantal Christelike traktaatjies vir ondersteuning aan die leerders met probleme, word ook oorhandig.
  • Hennopspark neem deel aan die Projek Handevat van die ATKV en is deur hierdie instansie besoek.  'n Paneel van twee navorsers en twee van hul eie lede het ons besoek  in die tweede kwartaal.

Akademie

  • Mev Tania Meyer is aangestel as Departementshoof Akademie (intern) om die las van personeel te help verlig.
  • Opleidingskursus met alle vak-, kultuur-, sport- en graadhoofde sowel as die bestuurspan van skool is gedoen.  23 Personeellede woon dit by:
    • "Leadership summit 2004 - Lead with diligence":
    • The Leaders Finest Hour - Bill Hybels
    • Exeptional Leadership at every level - T D Jakes
    • The Contrarion's  Guide to Leadership - Steven  Sample, Tim Saunders
    • One thing you need to know - Marcus Buckingham.
  • Doen opleidingsessie met alle nuwe personeel en studente.   4 studente en 16 personeel woon by:
    • Kliënt en georienteerhede - Mev Schroeder
    • So maak mens by Hennops - Mnr van Heerden
    • Only you can make the difference - Dr Leo Buscaglia
    • A vision for leadership Development
    • IQMS Opleiding - Mnr Hay
  • Motiveringsvideo met alle personeel:
    • The Fish - Chart House International
    • Six steps to a winning attitude deur Paul du Toit (Kursus bygewoon deur mnr van Heerden en mev Alkema).
  • Ander kursusse deur Senior Personeel bygewoon:
    • Mnr van Heerden: Futuristiese tendense en moderne beginsels van besuur - Prof Gideon Maas.
    • Mev T Meyer en Mnr R du Toit - The Will to win van Richard Mulvey
    • Mev A Coetzee - The excellent assistant - Grant Vernon
    • Mnr Hay, mev Mudde en mev Claassen - Dissipline werkswinkel - Dereck Jackson
    • Mnr Gert Mulder en mnr Gerhard Engelbrecht: Conference on School Sports -Andre Watson
      • Sports Inuries - Dr Jon Patricios
      • Sports Psychology - Greyling Viljoen
      • See Decide & Do - Jeff Lunsky and Warren  McCann
      • Case Study - Mary Parr
      • Ethical Leadership Management - Tom Hamilton
  • Studiemetodes - Het onderhoud met twee personeel gehad om model saam te sel vir Graad 4 oor studiemetodes.  Wil graag in LOR in Gr 4 implementeer in 2008.
  • Mev Elna de Waal is intern bevorder tot Departementshoof: Tegnologie
  • Mev Retha Engelbrecht is intern bevorder tot Departementshoof Opvoedkundige Leiding.

Leerders: Meriete-aand presteerders:

  • Sportman van die Jaar 2007: Bernhard Beukman en Hendri Stolz
  • Sportvrou van die Jaar 2007: Tanya Mostert en Danushka van Jaarsveld
  • Beste Kultuur prestasie 2007 :Leandri Crouse en Marike Alberts
  • Verdienstelikheidstrofee: Marjolene Vorster en Bernhard Beukman
  • Veelsydigheidstrofee: Zinah Knoesen
  • Dux-leerling: Zina Knoesen en Ilani Walters

    Dux leerling:  Graad 4 - Johné Matthysen en Bianca Smalberger
    Dux leerling:  Graad 5 - Zelia-Mari Verster
    Dux leerling:  Graad 6 - Jana-Belle Coetzee
  • Ons eerse Meriete-aand vir nasionale en Provinsiale Buiteskoolse presteerders word gehou.

Gauteng Noord Expo:

  • Verwerf 3 goue medaljes by Gauteng Expo:  Daniel Olivier (Graad 1), Frik Fourie (Gr 6) en Hanro Fourie (Gr 3).
  • Eindig algeheel 4de met Bybelvasvra by Super 12.

Borge

  • Era Eiendomme skenk 'n bedrag van R80 000 vir rugby.  Mnr G Engelbrecht bestuur dit.
  • Barloworld word weereens as Hoofborg aanvaar.  Hulle skenk 'n Mini-Bussie en een motor vir gebruik.
  • Potjiekoskompetisie - Weereens 'n uiters geslaagde aand wat gekenmerk is deur massabywoning en groot pret.  Die bedrag van R63 379  is ingesamel.

Personeel

  • Die grootste wisseling van personeel wat ons nog beleef het.  Nuut by ons:

    Mev M Myburg
    Mej Celeste Riddick
    Mev F Kritzinger
    Mev M Smalberger
    Mnr N Saaiman
    Mev R Swanepoel
    Mev B Jooste
    Mnr G Olivier
    Mnr P Liebenberg (Reeds verlaat),
    Mev N Butler (KDA)
    Mev J Dijkstra (Admin)
    Mnr Neels van der Merwe, (Faktotum)
     
    Vier studente word ook van vanjaar af gebruik nl Mej A Maartens, E Coetzee, T van Staden en M Meyer.

    Permanente aanstellings:  Mev H Zeelie en mev L Coertze

Interne Bevorderings

  • Mev Tania Meyer is sedert Februarie 2007 aangestel as Departementshoof Akademies:  Intern

Nuwe Rekenaarsentrum

  • Die rekenaarsentrum is opgegradeer met die nuutste tegnologie.  Die senior rekenaarsentrum is toegerus met Microsoft XP Pro en die Junior rekenaarsentrum met XP Pro.  Die "ou" rekenaars is dus verskuif na die junior sentrum.

SPORT

Atletiek

  • Atlete wat deelgeneem het aan die SA Kampioenskappe:
    Henry Stoltz - spiesgooi 4de
    Lucia Wilbers - Hekkies 7de
    Danuschka van Jaarsveld - Spiesgooi 3de
    Ferdie Kellerman - naellope - Twee bronsmedaljes

Rugby

  • Super Series Grey - Geskiedenis word gemaak omdat dit die eerste keer is wat 'n ander skool as Grey beide 0/11 en 0/13 finaal is.  Ons tree by 0/11 en 0/13 as naaswenners uit die stryd.
  • Die 0/13  en 0/10 span speel in die Gauteng Noord finaal.
  • Stefan Koen word in die 0/13 Blou Bul span ingesluit.
  • Ryno Eksteen kry ook geleentheid om vir die Blou Bul span uit te draf.
  • RG Snyman, Brendon Walsh, Vean Roodt en Trevor Smit word gekies vir die 0/12 Suid-Oos Distrikspan.
  • Ons 0/12 Rugbyspan speel in Frankryk in 'n internasionale toernooi van 40 spanne. Ons wen in die Semi-finaal teen Australië en verloor 5-0 teen Frankryk in die finaal.

Netbal

  • Marijke du Plooy is in die 0/13 Gauteng span ingesluit.
  • Die 0/13 span wen Gauteng Noord en kom  eerste by Gissa
  • Die 0/12 span kom 4de by GN
  • Die 0/11 span kom 6de by GN
  • Die 0/10 span eindig 2de by GN en 4 de  by Gissa
  • O/12 C span wen hulle liga

Super 12 Rugby en Netbal

  • Ons eindig vanjaar algeheel tweede.
  • Netbal - Die 0/13 dogters  wen in die finaal.
  • Rugby - Ons 0/10, 0/11 en 0/13 seuns speel in die finaal.  Die 0/11 is gelyk eerste en die 0/10 en 0/13 is naaswenners.

Muurbal

  • Hennopspark se muurbalspan eindig weereens 3de in die C-Liga.  Ruan Crouse word in die 0/13 Gauteng Noord span ingesluit.

Skaak

  • Ons junior skaakspan eindig algeheel tweede in die super 12 en die seniors vyfde.  Die skool eindig algeheel tweede.
  • Leerders wat ingesluit is in die Mid-Gauteng Span:  Petri Oosthuizen, Lize Oosthuizen, Gideon van Zyl, Casper van Zyl, Erik de Villiers en Sean Miller.

Tennis

  • Drie van ons spelers is in die Gauteng Noord span ingesluit:  Zako van Zyl, Michael Kock en Frans Ledwaba.
  • Ligawenners:
    Seuns A, B, C en D spanne
    Super 12 Wenners:  Seunspan
  • Gauteng Noord Kleure
    Michael Kock
    Zaco van Zyl
    Frans Ledwaba
  • SA span (Egipte toer)
    Frans Ledwaba
  • GN Laerskole Kampioenskappe
    Seuns enkels: Michael Kock (Naaswenner)
    Dogters enkels: Anni-Mart J van Vuuren (4de - semis)
    Seuns dubbels: Zaco van Zyl en Frans Ledwaba (wenners)
    Dogters dubbels: Anni-Mart J van Vuuren en Marjolene Vorster (4de - semis)
    Gemengde dubbels:  Zaco van Zyl en Marjolene Vorster (3de - semis)

Swem:

  • Ons skool eindig vanjaar 5de in Super 12.  Die skool eindig algeheel tweede in die B-Afdeling Gala.
  • Miranda Brink is die senior Victrix Ludorum.

Landloop

  • Super 12 - eindig algeheel sesde.

Krieket

  • Eerste jaar dat al drie spanne in die Super 12 Finaal is.  Ons 0/10 en 0/11 wen.  Die 0/13'as is naaswenners
  • Bernhard Beukman is verkies vir die Gauteng Noord span.
  • Krieketliga:
    0/9 eindig 2de in groep 2
    0/10 eindig 1ste in groep 2
    0/13 eindig 1ste in groep 2
    Ons 0/13 span wen die eerste keer in die geskiedenis die Aandreeks.
  • GN 0/13 A span - Seuns:  Wilco du Toit
  • GN 0/13 B span - Seuns:  Zander le Roux en Bernhard Beukman
  • GN 0/13 A span - Dogters:  Danny Bezuidenhoudt, Zinah Knoesen en Lizzy Wessels.
  • GN 0/13 B span - Dogters:  Hilde du Rand
  • GN 0/12 A span - Seuns:  Dirkjan van Rooy
  • GN 0/12 A span - Dogters:  Jaconette Botha
  • GN 0/12 B span - Dogters:  Chelsey Grundling
  • Super 12 - Algeheel tweede.  Dogters 3de en Seuns 4de

Hokkie

  • GN Seuns 0/13 A span:  Wilco du Toit
  • GN Seuns 0/13 B span:  Zander le Roux en Bernhard Beukman
  • GN Dogters 0/13 A span:  Danny Bezuidenhoudt, Zinah Knoesen en Lizzy Wessels
  • GN Dogters 0/13 B span:  Hilde du Rand
  • GN Dogters 0/12 A span:  Dirkjan van Rooy
  • GN 0/12 A span - dogters:  Jaconette Botha
  • GN 0/12 B span - dogters;  Chelsey Grundling

KULTUUR

Redenaars

  • Tydens die jaarlikse Super 12 redenaars eindig ons 4de uit 24 skole.
    Marike Alberts eindig Tweede.
  • Die volgende leerders het ook  deurgedring na die ATKV se halfeindrondte:
      Juniors:  Ninnaku Oberholzer en Izel Bezuidenhout
      Seniors:  Dirkjan van Rooy en Marike Alberts
  • ATKV finaal landswyd:  Ninnaku Oberholzer dring deur na die finaal.
  • 'n Uitsonderlike prestasie is dat Anika Malan nie net deurgedring het na die Abe Bailey Tweetaligheidstoespraakkompetisie nie, maar eindig ook tussen dit Top 10.

Kore

  • Die kore se uitslag by die Super 12 is:  Juniors -  Cum Laude en Seniors - Encore.  Beide kwalifiseer ook vir die Tshwane Jeugkunstefees.
  • Tydens die ATKV Applous ontvang die Senior koor 'n A.
  • Die Junior en Senior Koor verwerf 'n A++ by die Centurion Kunstefees.

Revues en Ainos

  • Die Ainos is ook gekeur om tydens die Jeugkunstefees op te tree.
  • Ons Junior en Senior revue is albei gekeur waartydens die Jeugkunstefees in die Staatsteater op te tree.
  • Die Junior Revue verwerf 'n A++ en die Senior Revue 'n A + by die Centurion Kunstefees.
  • Die Ainos onderneem 'n baie geslaagde toer na die Laeveld en sing o.a. by Skukuza.

Internasionale Besoek

  • Dr Betty Siegal, Stigterslid van Uitnodigende Onderwys Internasionaal van die  Universiteit van Noord Carolina het ons in Maart 2007 saam met Dr Trudie Steyn en Dr Fouche van Unisa besoek.  Die mense is baie opgewonde oor wat ons besig is om te doen.

Blougolfraad

  • Die Dagbestuur van die Blougolfraad is in Mei aangekondig:
      Voorsitter: Danny Bezuidenhoudt
      Onder-voorsitter: Ruan van Loggerenberg
      Sekretaris: Stefan Koen
      Lede:
        Shaun Douglas
        Ryno Eksteen
        Lene Fabricious
        Simoné Greeff
        Zinah Knoesen
        Zander le Roux
        Lucia Wilbers

Standbeeld vir mammas

  • 'n  Standbeeld vir mammas is op 24 Mei 2007 onthul.  Heel gepas 'n jagluiperd met twee welpies.

Nuwe Gebou

  • Die oprigting van 4 nuwe klasse was 'n groot opgewondenheid.  Dit nader voltooiing en gaan 'n groot leemte vervul.

Toilette oorgedoen

  • Die badkamers by die Multigebou  is oorgetëel en opgeknap, grootliks te danke aan die inisiatief en fondse van  een van ons ouers.

Nuwe toegangspad

  • 'n Nuwe op- en aflaai zone is by die sportveld aangebring om die ophoping van verkeer te help.

Tafeltjies en banke

  • Die Graad 7 leerders het uit hul fondse van die speletjiesdag tafels en stoele gekoop wat orals op die skoolterrein geplaas is vir leerders.

Saalstoele

  • Die erg verwaarloosde stoele is almal met blou oorgeblaas.  Hierdie inisiatief is grootliks te danke aan die goeie gesindheid van 'n ouer van die skool.

 

LSH18breed

 

LSH38breed

 

Webwerf ontwikkel en instandgehou deur:
SuproNet

CenturioNet
vir inligting oor Centurion

 

[Portaal] [Agtergrond/Admin] [Akademies] [Graad R] [Program'e/Datums] [Fasiliteite] [Buite-Kurrikulêr] [Finansies] [Bestuur/Personeel] [Briewe & Afkond.'s] [Fotobeeld] [Blinkbrein] [Gemeenskapdiens] [Spoghoekie] [Oudleerlinge] [Kontakinligting]

 

 

 

[Spoghoekie 2008] [Spoghoekie 2007] [Spoghoekie 2006] [Spoghoekie 2005] [Spoghoekie 2004] [Spoghoekie 2003]

 

 

Inhoud: © 2003, 2004, 2005, 2006, 2007, 2008; Laerskool Hennopspark
Ontwerp, Uitleg, Grafika: © 2008, SuproNet. Alle regte voorbehou.

Hoofborg

Volg later

 

Sommige van die ander borge

Volg later

Volg later

Volg later