Klik hier vir Mobiele weergawe - vinnige, verkorte weergawe vir selfone en ander draagbare toestelle met beperkte skermgroottes en/of funksionaliteit.

LSH16breed

 

Spoghoekie 2006

 

 

LSH18breed

 

 

 

Sien ook:
Kaskarkenades 2007
Kaskarkenades 2006
Kaskarkenades 2005
Kaskarkenades 2004
Kaskarkenades 2003
Kaskarkenades 2002
Kaskarkenades 2001

Nwa Vangani

  • Ons skool het ook ingeskryf vir ’n projek deur die ATKV met betrekking tot verhoudings en hulp ten opsigte van agtergeblewe skole.  Die projek is deur die ATKV aanvaar en ’n bedrag van R5 000-00 is ontvang.
  • Op  4 Augustus 2006 besoek die Blougolfraad Dagbestuur Nwa Vangani om onderling met hulle verteenwoordigende leerderraad te skakel.
  • Ons reël 'n atletiekbyeenkoms vir 2006.  Reël vervoer en gee kospakkies by aankoms en vertrek.
  • Bewillig ’n borgskap van Pick ’n Pay Eldoraigne vir ’n worsbroodjie vir elke atleet van Nwa Vangani vir die atletiekbyeenkoms in 2006.
  • ’n Boomplantdag is op Vrydag 15 September2006 te Nwa Vangani gehou.  Die nuwe Beheerliggaamslede van Laerskool Hennopspark word terselfdertyd aan hulle voorgestel.
  • ’n Donasie van ’n rekenaarfirma van R24 500  word op 31 Augustus 2006  ontvang ten bate van Nwa Vangani.
  • Ons is gelukkig om weer borge te bekom vir die ekstra onderwyser vir die tweede jaar.  Borge bestaan uit McCarthy Toyota, Pick ’n Pay Eldoraigne en individuele borge van ouers van Laerskool Hennopspark.
  • By die oorhandiging word verversings aan alle personeel, eregaste en verteenwoordigers van die pers voorsien.  Departementele amptenare teenwoordig:  Mnr Seth Hlatswayo, Chief Education Specialist verteenwoordig die Direkteur van Onderwys.  Die twee plaaslike IDS’e, nl Mnr Johan Gnade en Noah Kiewiet.
  • Die voorsitter van ons Beheerliggaam, mnr Hennie Bezuidenhoudt maak ook bekend dat ’n insentiefskema van R10 000 -  R15 000 aan Nwa Vangani geskenk word vir onderwysers.  Opleiding sal deur ons skool aan hulle gegee word vir evaluering en toekenning.
  • Een van ons goue Medaljewenners by die Noord Gauteng Expo doen ’n aanbieding oor ’n toringtuin vir ’n koste effektiewe produsering van groente  wat deur ons by Nwa Vangani opgerig sal word.  Die projek dien as voorbeeld vir die plaaslike gemeenskap wat dit by hul huise kan oprig om hul te bemagtig om selfversorgend te wees.
  • Mnr Sias v d Berg, Managing Director McCarthy Toyota, het ook ’n tjek van
    R10 000 oorhandig.

Akademie

  • Graad 6 en 7 leerders skryf  weer eens Internasionale eksamen in Engels en Wiskunde
  • Leerders skryf AMESA Wiskunde kompetisie

Borge

  • Era Eiendomme skenk ‘n bedrag van R80 000 wat vir  rugby, netbal, hokkie en kultuur aangewend moet word.
  • Barloworld word as Hoofborg van die skool aangestel en skenk voertuie vir ons gebruik, waaronder die nuwe Mini Bussie en een ander motor.

Redenaars

  • Skool eindig Algeheel 2de by die Super 12 Redenaarskompetisie.  In die Junior afdeling dring Lize van Wyk en Michelle Wilbers deur na die finaal en Michelle behaal ‘n algehele 3de plek.  By die Senior afdeling het Amanda Strydom,  Marike Alberts en Nelize Pretorius deurgedring na die finaal.  Marike Alberts het ‘n algehele 5de plek behaal en Amanda ‘n 3de plek.

Potjiekoskompetisie

  • Op 25 Maart 2006 vind die jaarlikse Potjiekoskompetise plaas.  Ter viering van ons 25-jarige bestaan word ‘n spesiale Vuurwerkvertoning aangebied.

Beheerliggaam

  • Op 15 Mei word die nuwe Beheerliggaam verkies.  Mev Elmarie Botha, mev Hanlie Botha, Dr Michiel  Heyns, Mnr Pieter Knoesen, mev Marleen van Sittert en mnr Herman Zulch.  Onderwyserlede:  mnr Gene Hay, mnr Darius Steyn en mev Linda Schroeder.  Nie-onderwyserslid mev Alta Coetzee.  Mnr Pieter van Sittert word geko-opteer vir Sport.

Personeel

  • Mnr Leon Schuld word aangestel as Faktotum
  • Mev Alida Smit word aangestel as Debiteure Klerk.
  • Mej Mariaan van der Merwe tree in die huwelik en word mev V d Westhuizen
  • Mev Sanette van Niekerk word gekies vir die Gauteng Noord en Nasionale Sagtebalspan
  • Mnr Gerhard Engelbrecht en mnr Neels du Plooy word gekies as keurders vir Gauteng Noord 012 en 011 Krieketspanne
  • Ons skaakafrigter mnr Jaco Nelson word as Springbok skaakafrigter aangestel.
  • Louis van der Westhuizen verwerf sy Gauteng Klere in skaak en neem by die SA’s deel.
  • Mnr Neels du Plooy is gekies om die Northerns Krieket Unie se 0/11 span af te rig.
  • Mej L Lingenfelder is gekies om die Gauteng Noord Hokkie 0/13 span af te rig.
  • Mev Ann Alkema word aangestel as Bemarker.

Atletiek

  • By die Gissa byeenkoms het Elizna Botha en Schalia Oosthuizen goue medaljes verwerf.  Hendri Stoltz, Lucia Wilbers, Melissa Harmse en Ferdi Kellerman het Silwer medaljes verwerf en Lucia Wilbers ‘n brons medalje.  6 atlete het ook aan die SA’s deelgeneem.

Swem

  • Super 12:  Seuns 4de en Dogters 7de.  Algeheel 6de.  Eerste plekke behaal:  B F Burger - vlinderslag (nuwe rekord), Edrich Venter - rugslag en vryslag (nuwe rekords) sowel as Jurisa van Wyk vir borsslag.
    ·Wyksgala:  Hennops eindig 5de

Muurbal

  • Hennops se muurbalspan eindig 3de in die C-Liga

Toere

  • Die Graad 2’s het gaan toer by Warmbad.
  • Graad 5 onderneem Lagayimtoer na Wes-Transvaal
  • Graad 6 Leierskapkamp word onderneem te Sediba Kwela
  • Graad 7 Veldskool by Thaba Maroela in Oktober

Skaak

  • Die Junior Span wen Super 12.
  • Gideon van Zyl behaal Mid Gauteng 0/10 B span
  • Ons 0/11 Skaakspan is die algehele wenners in Gauteng.  Hulle gaan by die SA’s deelneem.

Rugby en Netbal

  • By die uitspeelrondtes was ons algehele wenners van die rugbytrofee.  By die finale rondtes te LC de Villiers het ons rugby 3de geëindig en die netbal 4de.  Die skool eindig algeheel 3de.  Die 0/9 rugbyspan en 0/12 Netbalspan was die wenners.
  • Elizna Botha en Lucia Wilbers ontvang Gauteng Noord Kleure in netbal.
  • Ryno Eksteen word gekies vir Blou Bulle 0/12 Rugbyspan.
  • 0/12 Netbalspan wen die Noordvaal kampioenskappe.  0/13 span was derde.
  • Elizna Botha is by die SA Netbaltoernooi gekies as een van die Top 10 speelsters.  Die Gauteng span het die toernooi gewen.
  • die 0/9 Rugbyspan wen liga, Super 12, Blou Bulle asook Bondedag

Kultuur

  • Die Seniorkoor word uitgenooi om op 21 April by Afrikaans Hoër Seunskool se jaarliks Koorfees op te tree.
  • Die Junior koor verwerf Cum Laude by Super 12 en word vir Hoofaand genooi.
  • Die Juniorkoor verwerf Goud by die ATKV Applous kompetisie.
  • Seniorkoor verwerf Ancore by Super 12 en word vir Hoofaand genooi.
  • Die Seniorkoor verwerf Goud by die ATKV Applous kompetisie.
  • Tswane Jeugkunstefees – die Senior Revue en die Seniorkoor is gekeur vir die Tswane Jeugkunstefees.
  • ‘n Musiekfees is op 17 Augustus gehou om ons skool se 25-jaar bestaan te vier.  Gaskunstenaars sowel as die Transoranje skool vir Dowes het opgetree.
  • Die Ainos, Junior Revue en Senior Revue tree saam met Bambi Kleuterskool en Shine 4 op in die Aula op 8 September.
  • Ainos onderneem ‘n geslaagde uitreiktoer na die Noordelike Provinsie gedurende September.
  • 'n Jubelfees word op 23 Oktober in die Aula gehou ter viering van ons 25ste bestaansjaar met Mathys Roets as gaskunstenaar.

Hokkie

  • Whelna Crouse word gekies vir 0/12 A Hokkiespan en Danny Bezuidenhoudt en Lizzy Wessels vir Gauteng Noord 0/12 A  span
  • Zinah Knoesen, word gekies vir Gauteng Noord 0/12 B Hokkiespan,  Johan Mans en Wilco du Toit word gekies vir die 0/12 B Gauteng Noord Seuns Hokkiespan.
  • Super 12 Hokkie het die Seunsspan 2de geëndig.  Die dogters het 5de geëindig en die skool was algeheel 2de saam met 2 ander skole.

Sagtebal

  • Dané van Niekerk is gekies vir die Gauteng 0/13 Sagtebalspan

Blougolfraad

Die Blougolfraad Bestuur vir 2006 bestaan uit:

Voorsitter: Heinrich Weich
Onder-Voorsitter: Ancois Nel
Sekretaresse: Melissa Harmse
Lede:
  Wian van Heerden
  Jacques Maritz
  Elizna Botha
  Jan-Jacq de Bruin
  Celiané Heyns
  Edrich Lubbe
  Christian Oberholzer
  Arno Swart

Landloop

  • Jurisa van Wyk is gekies vir die Gauteng Noord span vir skole sowel as vir Klubs
  • Initza Pretorius, Marizel Cilliers en Corné v d Schyff word vir die Gauteng Noord span gekies

Expo

  • Die volgende leerders verwerf Goud by die Expo vir jong Wetenskaplikes:  Megan Viljoen, Bennie Botha, Xander Janse van Rensburg, Jan-Jacq de Bruin en Charné Joubert
  • Goud by Nasionale Expo:  Bennie Botha en Xander Janse van Rensburg

Voortrekkers

  • Madeleine Lourens en Christian D’Heil Henn verwerf Silwer Voorslag Penkop/Drawwertjie Toekenning by die Voortrekkers

Krieket

  • Ons 0/13 en 0/10 spanne wen Super 12 en die 0/11 span eindig 3de.
    ·0/10 Krieketspan wen Gauteng Noord
  • 0/13 Krieketspan is naaswenners in Gauteng Noord en wenners van die Gauteng Noord Dag/Aand Liga
  • Leerders wat ingesluit is in die Gauteng Noord Standard Bank Provinsiale Krieketspan:  Edrich Lubbe, Arno Swart, Wian van Heerden, Zendon Verster
  • Leerders ingesluit in die Northerns 0/11 Span:  Jeandre Olivier, Stefan Klopper, RG Snyman asook Bernard Beukman wat in die 0/12 Span ingesluit is.
  • Dané van Niekerk is gekies vir 0/16 Gauteng Noord Dogters Krieketspan.

Tennis

  • Super 12:  Seuns 2de en Dogters - 4de.  Gesamentlik 2de
  • Ligawenners:  Dogters A span, Dogters B span, Seuns C span en Seuns D span
  • Gauteng Noord Laerskole span:  Lu-Mari Makkink (A-span), Ancois Nel (B-span en Frans Ledwaba (B-span)
  • Gauteng Noord Laerskole Kampioenskappe:  Dogters Enkelskampioen:  Elizna Botha, Naaswenner:  Lu-Mari Makkink.  Dogters dubbels kampioene:  Ancois Nel en Elizna Botha, Naaswenners: Lu-Mari Makkink en Anni-Mart J van Vuuren.  Seuns dubbels wenners:  Anton Meissner-Roloff en Zaco van Zyl.

Akademie

Toppresteerders - Graad 7 2007:

    Sportman van die Jaar: Arno Swart
    Sportvrou: Elizna Botha
    Beste Kultuurprestasie: Jo-Mari Kock
    Verdienstelikheidstrofee: Celiané Heyns
    Veelsydigheidstrofee: Ancois Nel en Melissa Harmse
    Dux-Leerling: Lindsay Dawson

Kaskar

Op 13 Oktober word die jaarlikse Kaskar  gehou.  Dit word aangebied in 'n nuwe formaat.  Vanjaar is 'n rekordbedrag van R160 000 ingesamel.

Algemeen

  • Die Graad 1 Opedag vind op 31 Augustus plaas.
  • Die skool se 10de Gholfdag vind plaas op Maandag 12 September by die Centurion Estate Gholfbaan.

 

LSH18breed

 

LSH38breed

 

Webwerf ontwikkel en instandgehou deur:
SuproNet

CenturioNet
vir inligting oor Centurion

 

[Portaal] [Agtergrond/Admin] [Akademies] [Graad R] [Program'e/Datums] [Fasiliteite] [Buite-Kurrikulêr] [Finansies] [Bestuur/Personeel] [Briewe & Afkond.'s] [Fotobeeld] [Blinkbrein] [Gemeenskapdiens] [Spoghoekie] [Oudleerlinge] [Kontakinligting]

 

 

 

[Spoghoekie 2008] [Spoghoekie 2007] [Spoghoekie 2006] [Spoghoekie 2005] [Spoghoekie 2004] [Spoghoekie 2003]

 

 

Inhoud: © 2003, 2004, 2005, 2006, 2007, 2008; Laerskool Hennopspark
Ontwerp, Uitleg, Grafika: © 2008, SuproNet. Alle regte voorbehou.

Hoofborg

Volg later

 

Sommige van die ander borge

Volg later

Volg later

Volg later