Klik hier vir Mobiele weergawe - vinnige, verkorte weergawe vir selfone en ander draagbare toestelle met beperkte skermgroottes en/of funksionaliteit.

LSH16breed

 

Spoghoekie 2004

 

 

LSH18breed

 

 

 

Sien ook:
Kaskarkenades 2007
Kaskarkenades 2006
Kaskarkenades 2005
Kaskarkenades 2004
Kaskarkenades 2003
Kaskarkenades 2002
Kaskarkenades 2001

Akademie

  • Sowat 70 leerders maak 'n wetenskap ontdekkingskamp mee.
  • 55 Leerders voltooi internasionale eksamen in Wiskunde en Engels.
  • Gauteng Expo - Ons verower 3 goud, 3 silwer en 2 brons medaljes.
  • Amesa Eksamen vir Graad 4 - 7 - Ons  ontvang  1 goud, 3 uit 5 silwer en 6 uit 11 brons.

Entrepreneurskap

  • Ontvang toekenning van FEBDEV vir skool met beste entrepreneurskap (hoër en laerskole).

Fondsinsameling

  • Reël 'n baie geslaagde Potjiekoskompetisie wat R 44 399 in.
  • Weereens 'n baie geslaagde Kaskarwedren wat 'n opbrengs van  R106 156 meebring.
  • Ons jaarlikse gholfdag lewer sowat R50 000 op.

Geboue en kapitaal:

  • Aanbouings - 'n Mooi nuwe  kompleks is wes van die skool opgerig.  Twee ekstra lokale is opgerig weens die groot toename in leerders.
  • Weens die skitterende sukses van KDA en baie groepe wat lokale beset, het ons 'n ekstra groot lokaal vir die doel opgerig.

Gemeenskapsdiens:

  • Skenk in samewerking met die Toyota McCarthy groep dagboeke aan alle leerders en personeel van Nwa Vangani.
  • Beplan om die onderwyser-kind verhouding te Nwa Vangani te verlig deur een onderwyser te borg vir een jaar.
  • Die skool het aan die volgende liefdadigheidsinstansies geld gegee:
    • Aksie in Kinders P & A Kinder en GesinsorganisasieR3 000
      SPCA R500
      NG Kerk Botswana Sending R300
      Vereniging vir Persone met Gestremdheid R800
      PV3 Vertraagdes R400
      Nuwe Wending Skool R400
      Nasionale Raad vir Blindes R400
      Domino Servite School R400
      Centurion Raad vir Bejaardes R400
      Transoranje Skool vir Dowes R400
      Pta Skool vir Serebraalgestremdes R400
      Bybelverspreiding R400
      NG Sending sonder grense R400
      Pta Kindersorgvereniging R400

Getalle:

  • Skool groei met 50 leerders sedert 2003.
  • Die grootste inskrywing van Graad eens ooit - 209.  Ons moes weer 'n ekstra lokaal aanbou.

Kultuur

  • Super 12 Redenaars eindig een leerder 2de en een 5de.  Groepredenaars 3de.  Ons eindig algeheel 2de uit 16 skole.
  • Een Redenaar tree op by ATKV landswye finaal.
  • Centurion Kunstefees -  Juniorkoor gesamentlik 1ste met 85%.  Ons Senior Revue wen met 95% A++.
  • Super 12 kore - Juniorkoor Bravaria (70 - 79%) en Seniorkoor Ancore (80 - 89%).
  • Senior Revue gekeur vir Rentmeester optrede in Staatsteater.
  • Na betoog en mede-betrokkenheid by beplanning van Tehila Kompetisie van Radiokansel, realiseer die hoofaand weer by NG Kerk Verwoerdburgstad.  Ons koor, die Ainos, is weereens 'n finalis by 'n pragtige aand waar heelwat Hennopspark personeel by betrokke was.

Personeel

  • 22 Personeellede voltooi "Turn the Tide" se seminaar oor "Dream Giver" van Dr Bruce Wilkenson asook "The Laws of Leadership" deur Johan Maxwell.
  • Hou 'n baie geslaagde modeparade om skooldrag van personeel te betaal.  'n Wonderlike samesnoerende geleentheid.

Sport:

  • Wen Cluster atletiek met sowat 100 punte.  Van die 39 nuwe rekords is 21 van L/S Hennopspark.  Ons het die beste baanatlete, seun en dogter sowel as beste senior atlete seun en dogter.
  • Ons het 5 atlete wat aan die SA's gaan deelneem.  Atlete verower 1 goud en 3 silwer medaljes met 1 SA Rekord.
  • Hokkie 0/12 A Seuns en 0/13 B Dogters  wen liga.
  • Super 12 Hokkie - Dogters is algehele wenners, Seuns 3de (slegs met strafdoele uitgeskakel).  Skool algeheel tweede.
  • Hokkie Gauteng Noord - 15 leerders kry plek by verskillende spanne.  4 in A-span
  • Super 12 Krieket - In die eerste super 12 krieketwedstryde wen die skool beide die 0/11 en 0/13 en tree as wenners uit die stryd.
    ·Super 12 rugby en Netbal eindig Netbal 2de, Rugby 4de en Algeheel 3de.
  • Twee dogters kry Gauteng A netbal en een word vir B-span gekies.
    ·Prestasie van Netbalspanne by GISSA:  0/13 5de, 0/10 2de, 0/11 gelyk eerste maar word op doelgemiddeld 2de geplaas.
  • 0/12 Netbaltoerspan wenspan in Paarl.
  • 0/10 rugby seuns wenners by Thaba  Morula.
  • Een seun word gekies vir Cravenweek rugbyspan en drie vir Bokkiespan.
  • Super 12 Landloop.  Ons skool bied dit aan.  Ons eindig algeheel eerste.
  • Reël Super 12 Skaak by ons skool.  Eindig 7de (uit 14) was in 2003 11de.
  • Een dogter gekies vir Gauteng Noord skaak.
  • Skaakafrigting - Ons bied  van vanjaar gespesialiseerde skaakafrigting van Graad 1 - 4 in skooltyd vir alle leerders.
  • Swemliga - Ons skool (sonder 'n swembad) wen  die C-Bond by Hillcrest baie oortuigend.  Ons verower 644 punte.  Die naaste skool (2de) aan ons is Pretoria Oos met 490 punte.
  • Super 12 Tennis - Ons seuns en dogters eindig derde en die skool algeheel tweede.
  • Tennisliga - 4 ligawenners, 2 naaswenners.  Wen 52 wedstryde en verloor slegs 9.

 

LSH18breed

 

LSH38breed

 

Webwerf ontwikkel en instandgehou deur:
SuproNet

CenturioNet
vir inligting oor Centurion

 

[Portaal] [Agtergrond/Admin] [Akademies] [Graad R] [Program'e/Datums] [Fasiliteite] [Buite-Kurrikulêr] [Finansies] [Bestuur/Personeel] [Briewe & Afkond.'s] [Fotobeeld] [Blinkbrein] [Gemeenskapdiens] [Spoghoekie] [Oudleerlinge] [Kontakinligting]

 

 

 

[Spoghoekie 2008] [Spoghoekie 2007] [Spoghoekie 2006] [Spoghoekie 2005] [Spoghoekie 2004] [Spoghoekie 2003]

 

 

Inhoud: © 2003, 2004, 2005, 2006, 2007, 2008; Laerskool Hennopspark
Ontwerp, Uitleg, Grafika: © 2008, SuproNet. Alle regte voorbehou.

Hoofborg

Volg later

 

Sommige van die ander borge

Volg later

Volg later

Volg later