Klik hier vir Mobiele weergawe - vinnige, verkorte weergawe vir selfone en ander draagbare toestelle met beperkte skermgroottes en/of funksionaliteit.

LSH16breed

 

Spoghoekie 2003

 

 

LSH18breed

 

 

 

Sien ook:
Kaskarkenades 2007
Kaskarkenades 2006
Kaskarkenades 2005
Kaskarkenades 2004
Kaskarkenades 2003
Kaskarkenades 2002
Kaskarkenades 2001

Akademie

  • Begin KDA  (Emosionele Intelligensie) in samewerking met o.a. persone van die Universiteit van Stellenbosch se bestuurskool.  Is die modelskool vir KDA in Pretoria.  Mnr van Heerden en mev Mudde lewer referate by ‘n bekendstellingsessie vir hoofde landswyd in Saldanha.
  • Skryf vir die eerste keer ‘n internasionale eksamen van Wallis waaraan 430 000 leerders węreldwyd deelneem.  Dit is in Engels en Wiskunde.  Verower 6 onderskeidings en 16 krediete.
  • Een van ± 5 topskool in Pretoria wat die AMESA (Wiskunde) eksamen landswyd skryf .
  • Tydens die provinsiale Expo verdien ons twee goue, een silwer en een bronsmedalje.  Een van hulle verdien ook Nasionale goud en is ook algehele wenner met ‘n paar spesiale toekennings.

Geboue en kapitaal

  • Spandeer sowat  R135 000 om tegnologie binne die skool te verbeter.
  • Omhein die hele skool met  “Devils Fork”.
  • Bou ‘n ekstra lokaal aan weens rekord inskrywing.
  • Bou walle tussen rugby en hokkievelde met pragtige deurgang.

Gemeenskapsdiens

  • Tydens spesiale funksie van die Gautengse Departement van Onderwys word ons skool saam met ‘n paar ander skole en sakeondernemings vereer vir hul betrokkenheid by agtergeblewenes.
  • Dra ‘n hele paar duisend rand vir liefdadigheid by tot verskeie instansies.  Ons liefdadigheidkomitee samel heelwat warm klere in wat ons aan twee minderbevoorregte skole gaan skenk het.  Ons koor tree ook by die een skool op.
  • Ons bied kundigheid en lewer heelwat materiaal en ondersteuning aan ‘n skool in Mamelodi.  Besoek hulle ‘n hele paar keer om te ondersteun en skenkings af te lewer.

Kultuur:

  • Christen sangkoor, nl Ainos was naaswenners van ‘n landswye kompetisie.
  • Senior koor was een van drie kore wat Cum Laude verwerf het.

Sport

  • Daar is sowat 70+ leerders wat provinsiale kleure verwerf.
  • Super 12 (Bestaan uit van die 16 beste skole in 5 provinsies).
  • Hennops was kampioene in Rugby, Netbal – Algeheel Hokkie seuns en hokkie dogters – Algeheel Tennis seuns en Algeheel
  • Ons is enigste skool in Centurion wat 2 atletiekspanne het.
  • Wen weer die wyksatletiek
  • Lewer ‘n SA atletiekkampioen wat ook aangewys is as die beste seunsatleet op SA
  • Wen nasionale brons in hokke (0/13 seuns)
  • Eerste Afrikaanse seunspan wat Gauteng hokkie wen.
  • 0/12 Krieketspan in Gauteng finaal.
  • Twee netbal spanne GISSA-kampioene (Hele ou Tvl)
  • Wen nasionale goud in netbal (0/13)
  • Wen nasionale silwer in rugby (0/13)
  • Eerste Rugbyspan Bondedagkampioene (Hele ou TvL).
  • Ons rugbyspan was ook toernooiwenners in Moskou.
  • Is die enigste skool in Centurion wat aan die swemliga deelneem.
  • Seuns tennisspan is Gauteng wenners

Vlagskip aksies

  • Ons begin in 2003 ‘n nuwe leiersisteem wat baie byval vind en geluk en ontwikkeling vir almal verseker.
  • By ‘n graderingseremonie van alle skole, waar skole in drie kategorieë geklassifiseer word, kry Hennopspark  dié vir uitnemendheid (Beste van 3).
     

 

LSH18breed

 

LSH38breed

 

Webwerf ontwikkel en instandgehou deur:
SuproNet

CenturioNet
vir inligting oor Centurion

 

[Portaal] [Agtergrond/Admin] [Akademies] [Graad R] [Program'e/Datums] [Fasiliteite] [Buite-Kurrikulęr] [Finansies] [Bestuur/Personeel] [Briewe & Afkond.'s] [Fotobeeld] [Blinkbrein] [Gemeenskapdiens] [Spoghoekie] [Oudleerlinge] [Kontakinligting]

 

 

 

[Spoghoekie 2008] [Spoghoekie 2007] [Spoghoekie 2006] [Spoghoekie 2005] [Spoghoekie 2004] [Spoghoekie 2003]

 

 

Inhoud: © 2003, 2004, 2005, 2006, 2007, 2008; Laerskool Hennopspark
Ontwerp, Uitleg, Grafika: © 2008, SuproNet. Alle regte voorbehou.

Hoofborg

Volg later

 

Sommige van die ander borge

Volg later

Volg later

Volg later