|
Die vasgestelde skoolfonds vir 2010 is R8 200. Die skoolfonds is betaalbaar oor 10 maande en daar is 5% afslag vir betaling voor einde Januarie (1 kind) of einde Februarie (meer kinders).
Die voorgestelde Gr R skoolfonds is steeds R8 950, wat die registrasiefooi van R350 insluit. Dieselfde afslag-voorwaardes sal geld.
Debietorders tree in Februarie 2010 in werking vir ‘n 10 maande periode.
Nuwe leerders se debietorders moet voor 17 Januarie 2010 by die Finanskantoor ingedien word.
Let asseblief daarop dat u ons moet verwittig indien daar ’n graad 1 leerling bygevoeg moet word. Die Finanskantoor moet onmiddellik in kennis gestel word as u debietorder gekanselleer moet word.
Ouers is verantwoordelik vir die koste verbonde aan VT –debietorders. Indien u debietorder twee keer ge –VT is – word dit outomaties deur hierdie kantoor gekanselleer.
Bankbesonderhede: Laerskool Hennopspark
Bank: Absa Takkode: 630445 Rekeningnommer: 2890490002 Verwysingsnommer: Kry nommer van leerder by Finanskantoor (660-0270)
Vrystelling of Vermindering van Skoolgeld
Indien u probleme het met die betaling van skoolgeld, moet u asseblief vroegtydig met die Finanskantoor in verbinding tree. Ons beskik oor ’n vorm: “Aansoek om korting/ vrystelling van skoolgelde” waarin die formule getoon word, sowel as ’n glyskaal. U moet asb jaarliks die vorm voltooi indien u korting of vrystelling verlang. Hierdie vorm moet teen 17 Februarie 2010 ingevul en aan die Finanskantoor gestuur word vir oorweging.
Klik hier vir pdf met aansoek om korting/kwytskelding van skoolgelde en tabel met finansiële kriteria.
|