Klik hier vir Mobiele weergawe - vinnige, verkorte weergawe vir selfone en ander draagbare toestelle met beperkte skermgroottes en/of funksionaliteit.

LSH16breed

 

Oueraande

 

 

LSH18breed

 

 

 

Jongste foto’s op Fotobeeld.
Vir ouer foto’s, sien ook:
Kaskarkenades 2007
Kaskarkenades 2006
Kaskarkenades 2005
Kaskarkenades 2004
Kaskarkenades 2003
Kaskarkenades 2002
Kaskarkenades 2001

Eerste Kwartaal

Die eerste oueraand word gehou vroeg in Februarie.  Dit neem gewoonlik die vorm aan van 'n algemene vergadering (byeenkoms) waar ons met u gesels oor algemene sake wat betrekking het op die betrokke Graad se leerlinge en die personeel word aan u voorgestel.  Daarna beweeg ons na die voogklasse waar klasverteenwoordigers verkies word.  U kry dan ook geleentheid om enkele probleme met die personeel te bespreek.  By laer klasse gaan die aand gepaard met 'n braai, sodat ouers gesellig kan verkeer en kennis maak.  By sommige Grondslagfase klasse is die braai en oueraand twee verskillende geleenthede.

Tweede Kwartaal

Einde eerste kwartaal word Grondslagfase se rapporte persoonlik aan die ouers uitgedeel - Dit vervang dus die oueraand van die tweede kwartaal.

Senior Afdeling

Oueraand ongeveer twee weke nadat die skole heropen het.  U het nou die eerste rapport ontvang en kan kom gesels oor enige akademiese probleem.  Ons versoek ouers om slegs die oueraand by te woon indien u 'n probleem wil oplos, sodat ons ouers nie te lank in toue staan nie - ons het u mos al ontmoet met die oueraand.  Nuwe ouers is welkom om te kom kennis maak.

Derde Kwartaal

Die oueraand geskied gewoonlik op uitnodiging.  Waar ons voel dat 'n leerder nog nie na wense vorder nie, nooi ons u uit om te kom gesels, sodat ons saam die beste vir u kind kan doen.

Grondslagfase:

Die ouers kom haal self die rapporte af aan die einde van die tweede kwartaal en dan word moontlike probleme aangespreek.  Slegs op buitengewone versoek ontvang u kind die rapport.  Later in die derde kwartaal word 'n oueraand op uitnodiging gereël sodat probleme bespreek kan word.

 

LSH18breed

 

LSH38breed

 

Webwerf ontwikkel en instandgehou deur:
SuproNet

CenturioNet
vir inligting oor Centurion

 

[Portaal] [Agtergrond/Admin] [Akademies] [Graad R] [Program'e/Datums] [Fasiliteite] [Buite-Kurrikulêr] [Finansies] [Bestuur/Personeel] [Briewe & Afkond.'s] [Fotobeeld] [Blinkbrein] [Gemeenskapdiens] [Spoghoekie] [Oudleerlinge] [Kontakinligting]

 

 

 

[Leerplanne] [Benodigdhede] [Hulp] [Oueraande]

 

 

Inhoud: © 2003, 2004, 2005, 2006, 2007, 2008, 2009, 2010, 2011; Laerskool Hennopspark
Ontwerp, Uitleg, Grafika: © 2008, SuproNet. Alle regte voorbehou.

Hoofborg

Volg later

 

Sommige van die ander borge

Volg later

Volg later

Volg later