|
Klik hier vir Mobiele weergawe - vinnige, verkorte weergawe vir selfone en ander draagbare toestelle met beperkte skermgroottes en/of funksionaliteit.
|
|

|

|

|

|

|
|
|
|
|
|
|

|

|

|
|
|
|

|
|

|
|
|
|
|
 |
 |
|
Inligtingstuk
1. TYE VAN DIE NASKOOLSENTRUM
1.1 Elke middag direk na skool tot 17:15.
1.2 Daar sal geen Naskool gedurende naweke of vakansiedae wees nie.
2. AFWESIGHEDE
2.1 Indien 'n leerling nie die Naskoolklas kan bywoon nie, moet die ouer of voog ons skriftelik of telefonies van die reëling in kennis stel. Indien ‘n kind nie by die naskoolklas aanmeld nie, neem ons aan dis met u toestemming.
2.2 Indien u wil hê dat ons u moet skakel in geval van afwesigheid, moet u asseblief die koste daarvan dra. R5-00 – Teken aan op Registrasievorm (11).
2.3 Geen kinders sal toegelaat word om die terrein te verlaat nie, tensy soos hierbo gereël - ter wille van hulle eie veiligheid.
2.4 'n Register word daagliks bygehou.
3. KLEREDRAG
3.1 Huisdraklere word aanbeveel - so word die skoolklere gespaar.
3.2 Alle klere moet asseblief gemerk wees.
3.3 Die kinders kry geleentheid om klere te verwissel.
3.4 As u kind met iemand anders se klere by die huis kom, sal dit waardeer word as u dit terugstuur en navraag by die Naskoolsentrum doen.
4. AFHAAL VAN LEERLINGE
4.1 Soos ooreengekom op registrasievorm (nr 8).
4.2 As iemand anders u kind kom haal, moet dit 'n bekende wees en dit moet met u goedkeuring wees. Indien dit 'n vreemdeling is, moet u skriftelik toestemming gee.
5. VOEDING
5.1 Ons verskaf elke dag aan elke kind iets om te eet en te drink. (Broodjie/vrug/koeldrank)
6. STUDIE
6.1 By die Junior Afdeling is 3 dames wat na die werk kyk. By die Senior Afdeling is daar 3 klasse. Studietyd is verpligtend behalwe as u ons skriftelik anders versoek.
6.2 Vir kleiner kinders wat moeg is, is daar geleentheid om te rus.
6.3 Vanaf Graad 4 is daar 'n verpligte studiesessie van minstens een uur en vanselfsprekend kan dit duur tot alle werk afgehandel is.
6.4 Opgeleide onderwyspersoneel sal altyd beskikbaar wees om die leerlinge met probleme te help.
7. VERMAAK
7.1 Daar is voldoende tyd om te speel.
7.2 Kinders wat hul ouers se toestemming het (Toelatingsvorm nr 7), word toegelaat om hul aktiwiteite by te woon.
8. FINANSIES
8.1 TARIEWE VIR 2009
Die fooie vir 2009 is soos volg:
Slegs Januarie = R250-00 per kind, R 400-00 vir 2 kinders, R450-00 vir 3 kinders. Al die ander maande, behalwe Julie en Desember (wat u nie betaal nie), sal die fooi wees: R300-00 per kind R540-00 twee kinders R650-00 drie kinders
Indien u kind slegs enkele dae van die sentrum gebruik wil maak, sal die fooi R20-00 per dag wees.
Die fooie is asseblief streng vooruitbetaalbaar.
8.2 Alle gelde moet verkieslik na skool by die sentrum betaal word. Dring asseblief op 'n kwitansie aan. Ons verkies altyd internet betalings want ons wil nie graag kontant hier hanteer nie – veiligheid! Sien 8.5
8.3 DATUM VAN BETALING
Verkieslik aan die begin van die termyn, of die 1ste tot 4de en/of 15de tot 17de van elke maand.
8.4 U betaal telkens vooruit vir die maand. U betaal nie vir Julie en Desember nie.
8.5 Tjeks word uitgemaak aan; LW: NASKOOLSENTRUM HENNOPSPARK OF KONTANT. Elektroniese betaling: Opstaan Boukonstruksie, ABSA Lyttelton, Takkode: 335045, Rekeningnommer: 405 5528 514.
9. ALGEMEEN
9.1 Bewaar asseblief hierdie inligtingstuk om navrae te verminder. Voltooi asseblief die Toelatingsvorm volledig.
9.2 Selnommer by sentrum:
Mev Cathie – 072 152 0214. Senior afdeling: Mev Carika – 084 478 8973
E le R HAY Sel: 082 822 3341
MEV CATHIE BY SENTRUM Sel Nr 072 152 0214
|
|
|
|

|

|

|
|
|

|

|

|

|
|
|
Webwerf ontwikkel en instandgehou deur: SuproNet
CenturioNet vir inligting oor Centurion
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|

|

|
Inhoud: © 2003, 2004, 2005, 2006, 2007, 2008; Laerskool Hennopspark Ontwerp, Uitleg, Grafika: © 2008, SuproNet. Alle regte voorbehou.
|

|

|
|
|
|
|
Hoofborg
Volg later
|
|
|
|
Sommige van die ander borge
|
|
Volg later
|
|
Volg later
|
|
Volg later
|
|
|
|
|
|
|
|
|