Klik hier vir Mobiele weergawe - vinnige, verkorte weergawe vir selfone en ander draagbare toestelle met beperkte skermgroottes en/of funksionaliteit.

LSH16breed

 

KDA Sentrum

 

 

LSH18breed

 

 

 

Sien ook:
Kaskarkenades 2007
Kaskarkenades 2006
Kaskarkenades 2005
Kaskarkenades 2004
Kaskarkenades 2003
Kaskarkenades 2002
Kaskarkenades 2001

Wat behels die KDA-leerprogram vir die Grondslagfase?

Die KDA (Kids Development Academy (KOP - Kinderontwikkelingsprogram) fokus op die gelyktydige ontwikkeling van die intellektuele, fisieke, sosiale, konatiewe (waardes) en emosionele potensiaal van leerders.  Die program, d.w.s. alle aktiwiteite is volledig geïntegreer met die leerprogramme Geletterdheid, Gesyferdheid en Lewensoriëntering.  Dit ontwikkel vaardighede, konsepte en insigte wat leerders nodig het om akademies, sosiaal en persoonlik te vorder.

Spel en beweging speel 'n sentrale rol in 'n kind se ontwikkeling en is een van die belangrikste faktore wat breinontwikkeling stimuleer:

  • Hy leer homself, ander mense en sy wêreld ken.
  • Hy kom agter wat sy vermoëns en beperkings is en dit help hom weer om 'n positiewe selfbeeld te ontwikkel.
  • Dit dra by tot die ontwikkeling van intellektuele, emosionele en sosiale vaardighede.
  • Dit vorm 'n basis vir sport - en intellektuele prestasie.

KDA fokus op perseptuele, motoriese ontwikkeling, speletjies en sport, fisieke groei en ontwikkeling en ontspanning.

"Motories" verwys na beweging,  maar dit sluit ook in die aanleer, ontwikkeling en verfyning van vaardighede wat met beweging te doen het.

Die aktiwiteite is uitgewerk met die doel om spesifieke probleme by leerders aan te spreek soos spiertonus, skouerstabilitiet, balans, koördinasie sowel as billaterale integrasie en middellynkruising.

'n Kind moet so gou as moontlik motoriese vaardighede aanleer en dit goed onder die knie kry, verkieslik tussen die ouderdom van 3 en 10 jaar.

"What we hope ever to do with ease, we must learn first to do with diligence" (Samuel Johnson)
 

 

LSH18breed

 

LSH38breed

 

Webwerf ontwikkel en instandgehou deur:
SuproNet

CenturioNet
vir inligting oor Centurion

 

[Portaal] [Agtergrond/Admin] [Akademies] [Graad R] [Program'e/Datums] [Fasiliteite] [Buite-Kurrikulêr] [Finansies] [Bestuur/Personeel] [Briewe & Afkond.'s] [Fotobeeld] [Blinkbrein] [Gemeenskapdiens] [Spoghoekie] [Oudleerlinge] [Kontakinligting]

 

 

 

[Mediasentrum] [Rekenaarsentrum] [Opv. Leiding] [Multigebou] [Naskool] [Koskas] [Verhuring] [Bontstaan] [KDA Sentrum] [Snoepstoep]

 

 

Inhoud: © 2003, 2004, 2005, 2006, 2007, 2008; Laerskool Hennopspark
Ontwerp, Uitleg, Grafika: © 2008, SuproNet. Alle regte voorbehou.

Hoofborg

Volg later

 

Sommige van die ander borge

Volg later

Volg later

Volg later