|
Skoolure
In sommige gevalle kan ouers genader word om behulpsaam te wees in klaslokale.
Ouers word deurentyd op periodieke tye benodig vir kantoorwerk, snoepiehulp, klerewinkel, verlore klere.
In die Grondslagfase word mammas genader om op permanente basis (2 tot 3 keer per week) te kom help met lees.
Buite Skoolure
Daar is 'n wye verskeidenheid van komitees, groepe of spanne waarby ouers betrokke kan raak. Sien Buite-Kurrikulêr - Ouerkomitees en Bestuur en Personeel - Funksionele Komitees
By betrokkenheid, afrigting en organisasie moet ouers altyd die gedragskodes van die skool gehoorsaam en in noue kontak funksioneer met die skool en sy leiers.
Geen betrokkenheid moet ook gemik wees op selfverheerliking of selfbevoordeling nie. Alles moet gedy in belang van die skool en sy leerders.
|