|
Vanaf 2009 betree Laerskool Hennopspark ‘n nuwe era met die toetrede van Gr R – leerders tot die kaalvoet – prestasie – skool.
Laerskool Hennopspark wil graag alle voornemende Gr R – leerders uitnooi om deel te word van die bruisende Blou Golf se uitnemende Gr R onderrig. Hier word alle nuwe Hennoppies gereedgemaak vir hulle laerskooljare. Ons sorg vir Optimale Stimulasie met Maksimum Sorg en Liefde, sodat hulle klein spoortjies met verloop van tyd diep spore in die geskiedenis van die laerskool kan word.
Inligtingstuk (pdf) verskaf meer inligting.
|