Klik hier vir Mobiele weergawe - vinnige, verkorte weergawe vir selfone en ander draagbare toestelle met beperkte skermgroottes en/of funksionaliteit.

LSH16breed

 

Gemeenskapdiens

 

 

LSH18breed

 

 

 

Sien ook:
Kaskarkenades 2007
Kaskarkenades 2006
Kaskarkenades 2005
Kaskarkenades 2004
Kaskarkenades 2003
Kaskarkenades 2002
Kaskarkenades 2001

VOOGSKOOL - "TWINNING WITH NWA VANGANI"

Laerskool Hennopspark het in 2001 'n verhouding begin met die ondersteuning van een van die agtergeblewe skole in die "townships".

Ons was dadelik getref deur behoeftes op vele terreine.  Hul ongelooflike bereidwilligheid om te leer en te ontwikkel het ons aangegryp.

Die skool het met sy kundigheid van die Bestuurspan hulle besoek en reeds verskeie opleidingsessies voltooi.  Verder het ons borge gewerf om die instandhouding van die skool te bevorder.  Daar is verf geskenk, plafonne herstel (ceiling, brandering and cornice).

Ons reël jaarliks ‘n atletiekbyeenkoms met ons B-span tuis om Nwa Vangani af te rig en gereed te kry vir die Cluster Atletiek

Die skool se liefdadigheidskomitee het warm klere ingesamel en dit voor die winter aan hulle oorhandig.

Ons het aan hulle ons oortollige kurrikulummateriaal geskenk.

Daar was verskeie kruis kulturele kontak tussen die skole met onder andere atletiek, kore, leierskap, ens.

Daar is in 2004 borge  bekom om die onderwyser - kind verhouding te verlig en vanaf 2005 word een leerkrag deur ons skool betaal. Ongelukkig moes ons die betaling van die onderwyser staak weens die tekort aan borge.

McCarthy Toyota het deur ons bemiddeling reeds vir twee jaar aan alle personeel en leerders dagboeke geskenk.

Ons het reeds ‘n paar inligtingsessies vir personeel en lerder aangebied. Ons nuutste doelwit is om skaak te vestig by hul leerders. Laat weet gerus indien u ‘n bydrae wil lewer.

Sien ook Gemeenskapsdiens in Spoghoekie.

Liefdadigheid

  • Hulp aan behoeftige ouers.
  • “Angels”-projek.
  • Skenkings aan 10 instansies.

 

LSH18breed

 

LSH38breed

 

Webwerf ontwikkel en instandgehou deur:
SuproNet

CenturioNet
vir inligting oor Centurion

 

[Portaal]

 

 

 

[Agtergrond/Admin] [Akademies] [Graad R] [Program'e/Datums] [Fasiliteite] [Buite-Kurrikulêr] [Finansies] [Bestuur/Personeel] [Briewe & Afkond.'s] [Fotobeeld] [Blinkbrein] [Gemeenskapdiens] [Spoghoekie] [Oudleerlinge] [Kontakinligting]

 

 

Inhoud: © 2003, 2004, 2005, 2006, 2007, 2008; Laerskool Hennopspark
Ontwerp, Uitleg, Grafika: © 2008, SuproNet. Alle regte voorbehou.

Hoofborg

Volg later

 

Sommige van die ander borge

Volg later

Volg later

Volg later