Finansiële Beleid
Die beheerliggaam is verantwoordelik vir die finansiële bestuur en rekenpligtige administrasie van die skool. Hierdie verantwoordelikheid word d.m.v. die finansiële komitee bedryf, met die dag tot dag administrasie wat aan die hoof finansiële beampte van die skool gedelegeer is.
Die finansiële komitee het die volgende funksies:
- Beskerm en administreer die bates van die skool.
- Die daarstel, uitoefening en opvolging van voldoende beheermaatreëls vir alle inkomste, uitgawes, bates, laste en voorraad.
- Behoorlike begrotinsgbeplanning en bestuur.
- Beheer en bestuur van alle fondsinsamelingsprojekte en ander bronne van inkomste (bv. Snoepwinkel, Klerewinkel, ens.) Die beheer en bestuur van die personeel se vergoeding en die maak van voorstelle m.b.t. die vergoedingskema vir personeel.
- Die hou van voldoende rekeningkundige rekords van alle transaksies, en die korrekte teboekstelling daarvan.
- Beheer oor alle kontant ontvangstes en uitgawes.
- Verslagdoening aan die beheerliggaam van enige finansiële ongerymdhede of afwyking van die goedgekeurde finansiële beleid.
- Die hou van gereelde vergaderings van die finansiële komitee, ten minste een keer per twee maande in skool termyne, behalwe waar deur die voorsitter anders bepaal.
- Toesien dat volledige en akkurate finansiële state jaarliks voor 31 Maart opgestel word deur ‘n onafhanklike ouditeur, verslag te lewer aan die beheerliggaam en goedkeuring te verkry van die beheerliggaam.
- Om strategiese finansiële beplanning te doen vir die skool, aksieplanne op te stel en voor te lê aan die beheerliggaam vir goedkeuring.
- Om toe te sien dat aan die nodige wetsvereistes voldoen word.
Sien Skoolgelde vir jongste skoolgelde. Klik hier vir pdf met aansoek om korting/kwytskelding van skoolgelde en tabel met finansiële kriteria.
|