|
HOE OM AAN SPORTAKTIWITEITE DEEL TE NEEM:
Die skool bied seisoenaal sportaktiwiteite aan. Vir hierdie aktiwiteite word daar nie kostes gehef nie. Dit gebeur soms wel dat daar buite die seisoen reeds begin oefen word. Dit mag by sommige aktiwiteite gebeur dat daar geringe kostes mag wees. Wanneer kursusse aangebied of kampe of toere onderneem word, sal daarvoor betaal moet word.
Voorbeeld:
Indien jy vir die skool se tennisspan liga speel, betaal jy nie, maar sodra jy privaat afrigting neem, moet daarvoor betaal word. As jy vir die skool se kriektspan liga speel, betaal jy nie, maar sodra jy by die Krieketklub aansluit en afrigting regdeur die jaar ontvang, moet jy daarvoor betaal.
Die Buite-Kurrikulêre Sentrum: Hierdie aktiwiteite wissel van sport tot kultuur en word teen ekstra kostes deur buite- afrigters en persone aangebied. Hierdie persone moet direk gekontak word.
Hoe kan jy deelneem aan skoolaktiwiteite:
Daar word omsendbriewe uitgedeel asook in die Babbelbekkie aangedui wanneer proewe, uitdunne of oudisies gehou word. Dit staan enige leerder van die skool vry om na enige sport of kultuuraktiwiteit te kom en aan die proewe, uitdunne of oudisies deel te neem.
Indien u wil deelneem aan aktiwiteite van die Buite-Kurrikulêre Sentrum, moet u die persoon direk kontak.
Program vir Skoolsport:
|