Klik hier vir Mobiele weergawe - vinnige, verkorte weergawe vir selfone en ander draagbare toestelle met beperkte skermgroottes en/of funksionaliteit.

LSH16breed

 

Credo

 

 

LSH18breed

 

 

 

Sien ook:
Kaskarkenades 2007
Kaskarkenades 2006
Kaskarkenades 2005
Kaskarkenades 2004
Kaskarkenades 2003
Kaskarkenades 2002
Kaskarkenades 2001

‘n Skool vir Kinders

" Maak jou kinders weg van jou af groot". Prof Henry Stone

Daar is dae dat enige mense wen, en daar is dae dat enige mens verloor. Een groot les wat 'n mens gou moet leer is "nobody has it all together". Almal is feilbaar, van jou gesondheid af tot by jou sogenaamde "talente". Buitendien geld die ou gholf-gesegde vir die hele lewe: speel die bal soos dit lê. Moenie vertel dat ander dit soveel beter as jy het nie. Moenie kroek om die bal te verskuif nie. Moenie kerm oor jou slegte geluk nie. Hou jou kop laag en speel voort. Die Here sal jou help, veral wanneer dit by groot opdraendes en diep slote kom.

Credo

Laat ons as Christen-Hennopsparkers mekaar aanspoor tot hartlike meelewing , innige meegevoel en liefde.

Maak ons blykskap volkome deur eensgesind te wees, een in liefde, een van hart en een in strewe. Dieselfde Heilige Gees woon mos in almal van ons. Kan jy regtig sê dat jou hart vol deernis en begrip vir ander mense is?

Kom ons maak mekaar dan elke dag regtig Gelukkig deur mekaar lief te hê en
Nie gedurig dwars te trek en mekaar te opponeer nie.

Kom ons werk soos 'n span saam; heelhartig en met 'n gemeenskaplike doelwit. Ons mag nooit selfsugtig wees nie.

Niks wat ons doen, mag ooit gedoen word omdat ons ander wil beïndruk of onsself daardeur 'n oneerlike hupstoot gee nie. In nederigheid moet ons eerder aan ander as onsself dink.

Moenie net konsentreer op die dinge wat vir jou belangrik is nie, stel ook opreg belang in die dinge wat ander mense raak. Ons moet nie net voorgee dat ons ander liefhet nie. Gaan uit jou pad om almal regtig te verstaan en te bemin.

Julle moet alles haat wat verkeerd is en vashou aan alles wat eerbaar en goed is. Julle moet mekaar baie liefhê broers; behandel mekaar met respek.

Werk hard, moenie met afskeepwek probeer verbykom nie. Dien die Here met 'n hart vol verwondering en entoesiasme.

Wees 'n optimistiese mens, glo dat die Here 'n wonderlike toekoms vir jou in gedagte het. Moenie omgekrap en ontsteld raak wanneer die lewe moeilik raak nie; wees rustig en geduldig. Moet nie ophou om in gebed met die Here te gesels nie.

Wees altyd nederig - bereid om die minste te wees. Laat vriendelikheid 'n wesenskenmerk van jou wees.

Wees geduldig met mekaar; in deernis en liefde moet jy aanvaar dat ander mense soms foute maak. Probeer om altyd te luister wat die Heilige Gees vir jou sê. Doen moeite om die lieflike eenheid wat die Helige Gees tussen ons gee, nie te versteur nie.

Ja werk jy saam met die Heilige Gees vir samehorigheid en eenheid, sodat almal in vrede met mekaar kan saamleef.

Ontleen uit: Fil 2:1-4, Rom 12:9-10, Ef 4:2-3
Vry vertaal deur Maretha Maartens en DS van Heerden

 

LSH18breed

 

LSH38breed

 

Webwerf ontwikkel en instandgehou deur:
SuproNet

CenturioNet
vir inligting oor Centurion

 

[Portaal] [Agtergrond/Admin] [Akademies] [Graad R] [Program'e/Datums] [Fasiliteite] [Buite-Kurrikulêr] [Finansies] [Bestuur/Personeel] [Briewe & Afkond.'s] [Fotobeeld] [Blinkbrein] [Gemeenskapdiens] [Spoghoekie] [Oudleerlinge] [Kontakinligting]

 

 

 

[Geskiedenis] [Visie en Missie] [Credo] [Gedragskode] [Skooldrag] [Veiligheidsplan] [Inskrywing] [Beleidsdokumente]

 

 

Inhoud: © 2003, 2004, 2005, 2006, 2007, 2008; Laerskool Hennopspark
Ontwerp, Uitleg, Grafika: © 2008, SuproNet. Alle regte voorbehou.

Hoofborg

Volg later

 

Sommige van die ander borge

Volg later

Volg later

Volg later