|
Baie welkom by Laerskool Hennopspark. Hierdie webblad is voorberei om u in te lig aangaande sake by die skool. Ons beskou ouers/voogde as vennote in die onderrig van ons leerders en nooi u derhalwe uit om aan al die aktiwiteite wat die skool bied, deel te neem. Kinders vorder die beste wanneer hulle die gesamentlike poging tussen huis en skool kan aanvoel wanneer daar saamgewerk word om die hoogste kwaliteit onderwys vir hulle te verseker.
Ons sien uit na hierdie jaar se werksaamhede. Ons het baie planne en ons uitstekende onderwyserskorps sal hard werk om elke leerder se wedervaring so opwindend moontlik te maak. Ons sien ook uit daarna om u met enige vrae of bekommernisse by te staan. Skakel gerus (sien Kontakinligting en Beheerliggaam vir kontakinligting) indien u verdere inligting verlang.
Meer agtergrondinligting oor die skool:
|