Gemeenskapsdiens

Gemeenskapsdiens

Laerskool Hennopspark neem soos die geleentheid hom voordoen, gereeld aan verskeie projekte deel om hulle betrokkenheid by die gemeenskap te bevestig.

Angels-Projek

Hierdie is een van die skool se permanente projekte.

Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening inbetaal met Angels as verwysing. Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool.

U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ‘n grootse poging om voorraad in te kry.

GRAAD VOORSTELLE WAT U KAN BRING
GRAAD R Enige nie-bederfbare produk
GRAAD 1 Ontbytpap: Enige mieliemeel, Oats of graankosse
GRAAD 2 Long Life Melk en/of tee
GRAAD 3 Suiker en/of koffie
GRAAD 4 Rys, pasta, soppoeiers
GRAAD 5 & 6 Blikkieskos, alle groente en vleis, koekmeel
GRAAD 7 Toiletbenodigdhede: Seep, tandepasta, sjampoe, toiletpapier
ALLE GRADE Finansiële bydrae

Meer oor Laerskool Hennopspark

Besighede & Borge