Fasiliteite

Fasiliteite

Fasiliteite

Fasiliteite

Fasiliteite

Previous

Next

Die skool beskik oor uitstaande fasiliteite wat tot voordeel van die leerders aangewend word en dra by tot ons strewe na uitnemendheid:

Sportvelde

Genoeg plek, toerusting en uitstekende onderhoud is nodig, sodat die skool afrigting kan bied in verskeie sportsoorte aan ‘n groot aantal kinders. Spreiligte help om meer afrigtyd te skep, sodat meer kinders kan deelneem.

Koskas

Die skool se koskas voorsien daagliks gesonde maaltye en snoeperye aan honderde kinders. Die spyskaart vir ‘n maand word in die Babbelbekkie geplaas. Ouers het ook die opsie om hier te betaal met ‘n MOVA-kaart, sodat die leerders kontantloos op die skoolterrein kan rondbeweeg. Ouers kan ook vooraf bestellings plaas vir hulle kinders se maaltye en/of hulle kinders se aankope monitor. Die Koskas is oop vanaf 7:00 – 16:00. Op Vrydae sluit dit om 14:00, behalwe as daar ‘n sportbyeenkoms plaasvind.

Bontstaan Klerewinkel

Laerskool Hennopspark beskik oor ‘n eie, goed toegeruste klerewinkel. Skooldrag en sportdrag kan hier aangekoop word teen markverwante pryse. Daar is ook soms baie goeie tweedehandse klere beskikbaar. Aan die begin van die jaar word daar ook skryfbehoeftepakkette op bestelling verkoop. Die klerewinkel is oop op die volgende tye:

Maandae – Vrydae: 7:00 – 7:25
Maandae – Donderdae: 12:45 – 13:50

Beradersentrum

Twee voltydse beraders is hier gevestig, waar hulle volwassenes en kinders bystaan wat hierdie dienste benodig.

Graad R-Sentrum

Die Graad R’e van die skool is bevoorreg om onderrig te ontvang in ‘n sentrum wat doelspesifiek ontwerp is. Die sentrum is uitstekend toegerus met die nodige apparaat en toerusting wat effektiewe leer moontlik maak. Daar word ‘n hoë premie geplaas op veiligheid. Die sentrum is apart van die laerskool opgerig en is volledig omhein. Alle administrasie vind plaas vanuit die sentrum se administratiewe kantoor. Daar is ook ‘n saal op die terrein waar leerders onderrig word in Liggaamsopvoeding en Uitvoerende Kuns.

Rekenaarsentrums

Die hele skool ontvang onderrig in die twee rekenaarsentrums op die terrein en vir elke sentrum is daar ‘n kundige fasiliteerder wat sorg dra dat die leerders vroeg reeds die nodige vaardighede van rekenaargebruik aanleer.

Mediasentrum

‘n Goed georganiseerde mediasentrum dra daartoe by dat Hennopskinders se leeslus aangewakker word. Die nuutste boeke op die mark gee aan moderne kinders die geleentheid om hulle in te leef in hedendaagse lekkerleesstories.

Meer oor Laerskool Hennopspark

Hennops in Beeld